Jordanië bombardeer oorlogs-voertuie

Jordaniese vegvliegtuie het glo verwoesting gesaai toe talle oorlogs-voertuie vanaf Sirië die grens oorgesteek het na Jordaniese grondgebied.

Gekamoefleerde oorlogs-voertuie het probeer om die Jordaniese koninkryk binne te dring, en het dit Jordaniese vegvliegtuie genoodsaak om eers met waarskuwings, skote af te vuur langs die voertuie. Die voertuie se drywers het hulle klaarblyklik min gesteur en net voort beweeg.

Die voertuie is toe met swaarder ammunisie gebombardeer en verwoes.

“Ons Weermag sal nie sulke arrogansie duld nie,” het ’n Jordaniese weermag woordvoerder gesê.

Die grenswagte van Jordanië was die afgelope drie weke by herhaling in botsings met mense wat vanaf die Siriese kant, die land probeer binnekom.

Sirië word die afgelope drie jaar al geteister deur ’n erge burgeroorlog, en dikwels is daar vlugtelinge wat probeer om met gekamoefleerde rytuie en kleredrag, die land in te gaan.