Jong student benoem vir rolprentpryse

’n Jong student van Pretoria, Willem van den Heever (20), se kortfliek is vir twee internasionale rolprentpryse benoem.

Van den Heever is ’n rolprentstudent aan die Open Window-skool van visuele kommunikasie in Pretoria.

Sy kortfliek, Coffee, is deur die National Film Festival for Talented ­Youth (NFFTY) benoem en het onlangs ’n tweede plek behaal in die San Francisco-internasionale rolprentfees se kortfliek-kategorie. Die NFFTY is die wêreld se grootste jeug-rolprentfees en is oop vir regisseurs wat 22 jaar oud of jonger is.

Van den Heever is tans in Seattle in die VSA waar die NFFTY die wenners aankondig sal word. Daarna vertrek hy na San Francisco, waar die pryse oorhandig word.

Vir hom is dit ‘n groot droom wat waar geword het, want rolprente is sy passie, sê hy.

Coffee handel oor Winston, ’n jong musikant (vertolk deur Jacques Cilliers), wat gedwing word om in sy pa se koffiewinkel te werk, maar elke middag gaan hy na die spoorwegstasie om daar sy liedjies te skryf.

Dit is dan ook die plek waar hy die individualistiese Amber (vertolk deur Ann Eckard) ontmoet wat hom oorreed om eerder sy hart te volg.

Hy sal graag ná sy studie met ’n rugsak deur die VSA wil reis.