Johannesburg kan water tekort verwag

Indien die inwoners van Johannesburg nie meer spaarsaam werk met water nie, gaan hulle eersdaags met ’n ernstige tekort sit.

In ’n verslag wat opgestel is deur Johannesburg Water aan dié metroraad, moet die aanvraag na water in die stad teen 2015 tot 450,000 miljoen liter verminder word.

Indien dit nie verminder nie, kan die stad ernstige tekorte ondervind, aangesien die aanvraag dan die aanbod van beskikbare water gaan oorskry.

Kenners is van mening dat die situasie vinnig besig is om ’n groot probleem te word, en kan Johannesburg in 2015 sy eerste inperking verwag, wat iets soos beut-voorsiening sal wees.

Die ernstige gevolge kan aan verskeie redes gekoppel word, maar kenners meen dit kan beleggers ontmoedig om in die stad te belê, en kan selfs beteken dat bestaande beleggers hulle belange na ander stede kan verskuif.

Groot verbruikers van water, soos Eskom en Sasol kan ernstig geraak word deur ’n inperking, wat weer neerslag vind in die huishouding van verbruikers, waar Eskom verplig kan word om beurtkrag toe te pas, en Sasol produksie verlaging weer kan lei tot brandstof prysverhogings, word gesê.