Jeugdige oorleef vlug buite vliegtuig

‘n Sestienjarige, wat van die huis af weggeloop het, het ‘n vyf uur lange vlug buite ‘n 767-300 vliegtuig oorleef. Hy het hom skuil gehou in die ruimte waar die vliegtuig se wiele gedurende ‘n vlug ingetrek word. Die vlug was vanaf, San Jose lughawe in California na Hawai.

Volgens ‘n woordvoerder by die aankoms lughawe het die seun die grootste gedeelte van die vlug sy bewussyn verloor. Op ‘n hoogte van 12-kilometer is daar ‘n tekort aan suurstof en die ysige temperatuur haas onuithoudbaar.

Toe die vliegtuig land het die seun afgespring en oor die vliegveld begin stap. Die vliegveld personeel het hom na ‘n mediese dokter geneem wat sy toestand as “stabiel” aangegee het.

Van die persone wat oor die afgelope meer as vyftig jaar op hierdie wyse saam “gevlieg” het, het slegs ongeveer 25% lewendig aangekom.

Foto: 767-300 vliegtuig soortgelyk aan die van die voorval