Jannie Moolman uiters kritiek

Die welbekende Afrikaanse sangster, Jannie Moolman  verkeer in ’n kritieke toestand in die hospitaal nadat hy by vriende se partytjie, van ’n dak afgeval het.

Moolman was verlede Saterdag by die geselligheid by Hartbeespoort toe hy geval het.

Sy woordvoerder, Hetta Saunderson sê hy het sowat 3 meter vêr geval, en die indruk is gelaat dat hy deur iemand gestamp is.

Sy wangbeen en oogbank is glo gebreek, die linkerhand vergruis en hy verkeer in geweldige pyn.

Hy word kunsmatig in ’n koma gehou om die ergste pyn te onderdruk.

Sy vriendin het ’n speurder aangestel om die saak te ondersoek aangesien gemene spel vermoed word.