Hy byt jou flenters

Die nuwe Heartbleed-bug word in die kring van die rekenaar-kenners beskryf as van die grootste veiligheidsprobleme en bedreigings wat die wêreld van die Internet al ooit beleef het.

Die dierasie het reeds in die meer gewilde webtuistes van die wêreld besoek gebring en sy verwoestende lekkasie van inligting toegepas.

Daardie netwerke, en internet webtuistes wat jy elke dag besoek, is getref en jou inligting soos kredietkaart nommer en e-pos adresse is alles opgevang en sal mettertyd beduiweld raak, na mate die skurke jou verder wil hap.

Netwerke soos Facebook en Twitter en ander dienste soos Gmail het almal ’n knou weg wat later op enige iemand kan neerkom, soos wat die plan mag wees.

Blykbaar is die dierasie reeds oor die afgelope twee jaar besig om inligting te versamel.

Jou wagwoorde en kaart nommers is reeds deel van sy pakket, en kundiges probeer nou ’n lys saamstel van webtuistes wat reeds met foute besaai is.

Pogings word aangewend om gebruikers aan te moedig om hul wagwoorde te verander, en webblad besonderhede op te dateer, veral waar moontlike veranderings ondervind word.

Mashable het reeds begin om ʼn lys op te stel van webtuistes waar daar waarskynlik reeds foute bespeur is.

Kyk by die volgende internet adres of jy enige wagwoorde moet verander op jou sisteem.

http://mashable.com/2014/04/09/heartbleed-bug-websites-affected/