Hulp met stamsel-oorplantings

Dit is nou nie net veloorplantings wat deur stamsel-prosedures gedoen word nie.

Wetenskaplikes in Londen is besig met ’n nuwe metode om beskadigde sagte weefsel soos neus, of ’n oor, of selfs bloedvate, in ’n gesofistikeerde laboratorium te “kweek” en te laat groei om later oor te plant op die pasiënt.

Die pasiënt se eie stamselle word vooraf geoes en dan oor ’n sintetiese weefsel wat as raamwerk dien, soos ’n oor of neus, te laat groei en dan geheg word.

Alhoewel die navorsing reeds vêr gevorder is, mag die nuwe oorplantings nog nie gedoen word nie, en sal eers in die toekoms kan plaasvind wanneer finale goedkeuring ontvang is.

Stamselle sal van ‘n mens se eie vet geneem word, en oor ‘n raamwerk kom om saam met ‘n sintetiese oplossing te groei.

Die universiteit wag glo angstig vir die amptelike goedkeuring waarna weefsel op ontvangers oorgeplant mag word.

Die navorsers sê hulle  wil eers die ore en neuse vervolmaak alvorens oorgegaan word na organe soos niere en die lewer, wat veel moeiliker sal wees om te doen.