Horing-diewe is in Parke-agentskap

Die Uitvoerende hoof van Oos-Transvaalse Toerisme en Parke Agentskap (MTPA) Jacques Modipane moes op bevel van die voorsitter van MTPA, Clara Ndlovu, onmiddellik sy kantoor ontruim na aanleiding van die renosterhorings wat verlede week skielik uit kluise verdwyn het van die Agentskap.

Gerugte doen die rondte dat daar “binne-politiek” is wat ’n bepaalde rol speel.

Modipane het egter bekend gemaak dat daar vir geruime tyd ernstige verskille tussen hom en die raadslede van die MTPA bestaan en die reuse diefstal van renosterhorings uit hul kluise, was die laaste strooi.

Intussen het Die Vryburger vertroulik verneem dat twee van die MTPA raadslede onder verdenking is weens hul moontlike betrokkenheid by die diefstal

Personeel het begin staak, en eis dat die Uitvoerende Hoof, Modipane terug geplaas word in sy amp en eis ook dat hy terugkeer na sy kantoor.

Die horings wat gesteel is, se waarde word op sowat R3 miljard gestel.