Hoë lui vas weens korrupsie

Nadat bewerings van onregmatige bevoordeling en moontlike korrupsie en selfverryking met die toekenning van tenders ontdek is, word die direkteur-generaal van Militere Veterane, ene Tsepe Motumi, asook sy adjunk, genl. maj. Lifeni Make, op verpligte verlof geplaas tot ’n ondersoek voltooi is.

Die Minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, het in ’n verklaring gesê sy het die twee op spesiale verlof geplaas na ontvangs van ’n verslag deur die Departement se oudit-afdeling.

Dr. Sam Gulube, die sekretaris van Verdediging, is opdrag gegee om onverwyld met ’n ondersoek te begin na die aangeleentheid en moet dit glo so gou as moontlik afhandel.

Toenemende berigte en gerugte van geldverkwisting in die Departement het in die afgelope maande rond gevlieg, wat uiteindelik gelei het tot ’n oudit.

Die oudit is gedoen nadat die tesourie vroeër ’n begroting van sowat R300 miljoen goedgekeur het tot bevoordeling van sogenaamde militêre veterane, waarvan die die meeste oud terroriste is.

Na bewering is ultra-luukse meubels in die kantoor-kompleks te Hatfield, Pretoria aangeskaf, wat later blyk te wees van so ’n swak gehalte te wees dat van die personeel later hulle eie meubels gebring het.

Beide die beamptes is voorheen in omstredenheid gehul, en Motumi se onlangse belofte dat die Departement nog vanjaar meer as 500 huise gaan oprig vir behoeftige veterane, het die wenkbroue laat lig.

Ingeligte waarnemers meen die toekenning van studiegeld aan oud-terroriste se kinders is ’n bykomende manier van bedrog pleeg, wat ’n behoorlike ondersoek moet ondergaan, aangesien die vermoede bestaan dat beurse eerder aan sogenaamde hooggeplaaste offisiere van die Weermag se kinders toegeken word.

Foto – Minister Nosiviwe Mapisa-Nqakula