Gyselaars na ‘n jaar vrygelaat

Die vier Franse verslaggewers wat vir ‘n jaar lank in Sirië gyselaar gehou is, het verlede Saterdag weer hulle vryheid gekry volgens Frankryk se president Francois Hollande.

In ‘n mediaverklaring het die president gesê daar is groot verligting gewees toe hulle Saterdagoggend in kennis gestel is dat die vier bevry is.

Die vier verslaggewers, Nicolas Henin, Didier François, Pierre Torres en Edouard Elias is in Junie 2013 as gyselaars aangehou.

Hulle was glo geblinddoek, met die hande agter die rug vasgebind, deur Turkse soldate ontvang op die grens van Sirië.

Hollande het te kenne gegee dat al vier in ’n redelike toestand is ten spyte van die moeilike toestande waarin hulle aangehou was.

Hy sê die vier sal eersdaags terugkeer na Frankryk.

Intussen het Die Vryburger verneem dat die gesondheid van Pierre Korkie, wat in die buitewyke van Jemen gyselaar gehou word deur Al-Kaïda, nie goed is nie. Geen vêrdere inligting oor hom is beskikbaar nie.

Foto –  Francois Hollande