Gewilde nuwe slimfoon speletjie

Die nuwe slimfoonspeletjie, ­bekend as Flappy Zuma, wat deur die Suid-Afrikaanse maatskappy Go Life Mobile ontwikkel is, het die ganse jongmens-wêreld in die land aan die speel.

Die ontwikkelaars het op navraag ontken dat die speletjie enige verwysing na ’n spesifieke persoon is, alhoewel die Nommer Een rolspeler, Flappy Zuma, nogal kenmerke het wat ’n mens laat dink aan politieke figure in die land…

Die Flappy is toevallig ook kaalkop, het selfs ’n bril, vergryp hom deur baie vroue aan te hou, het ’n taamlike weelderige landgoed en so aan…..

“Flappy Zuma het ’n eg Afrika-inslag en almal wat dit speel is in ekstase, want as jy foute maak, kom daar ’n boodskap soos, Eish en as die vlak suksesvol deur gespeel is, kom die boodskap dat jy nie belasting betalers se geld gebruik het nie.

Daar is ook hindernisse, waarvan stort-koppe een is.

Na verneem word is die speletjie ontwikkel deur mense in Suid-Afrika wat redelike goeie naskoolse kwalifikasies verwerf het.

Flappy Zuma kan gratis van Apple se iStore afgelaai word.