Geweld op geweld

Suid-Afrika het ’n week van donker beleef as die moorde op blankes getel word. Die graad van gewelddadigheid is steeds aan die toeneem, en asof die volksmoord nie vinnig genoeg vorder in die oog van die terroriste nie, word dit met groter intensiteit en wreedheid gedoen.

Na mate die blankes hulle lewens verloor, word ’n gees van onderdanigheid aan die terreur-bendes ook waargeneem by sommige volksgenote.

Die sluheid, en dikwels die presisie waarmee die moorde gepleeg word, dui immers daarop dat opleiding in die tegnieke ’n besliste rol vervul.

As ’n egpaar by ’n gastehuis doodgeskiet word terwyl hulle in die rustigheid van ’n slaapkamer is, dan is daar sekerlik geen plek in hierdie land waar enige blanke hom veilig kan voel nie. Niks is gesteel nie.

’n Dame wat met drie meswonde in haar liggaam, nog probeer om haar man te skakel, is vir dood agtergelaat terwyl niks uit die huis vermis word nie.

Dit is maar twee van talle gevalle wat hierdie afgelope week onder ons aandag gekom het.

So word een na die ander moord dossier geopen, en word swartes in die tronke gestop indien hulle opgespoor word, om daar in die tronk ’n beter lewe te lei as buite die tronk. En dit is juis waar die knelpunt lê.

Manne en vroue van ons volk, in die fleur van hulle lewens, word uitgewis, en dikwels so vermink dat ’n lewe na so ’n aanval geen vreugde inhou nie, terwyl die leeglêer wat opleiding iewers ontvang het om deel te word van die hele volksmoord-aksie, vir twee dekades tronk toe gaan waar hy ’n beter lewe lei met genoeg om te eet en genoeg tyd om niks te doen.

Terwyl die ganse land skree oor korrupsie en skelms wat in duur voertuie rondry, of ’n lawaai opskop oor renosterstropery, kreun en treur die Boere-Afrikanervolk oor sy geliefdes wat uit ’n vreugdevolle bestaan weggeneem word, om ’n hartseer familie agter te laat – ’n familie wat lewenslank sal bly treur oor ’n geliefde wat die lewe gelaat het aan die hand van barbare.

Die een gewelddadige handeling het nog nie eers die voorblad van Die Vryburger gehaal nie, dan is daar twee ander gevalle waarvan die inligting na sy redaksie stroom…

Dit is afgryslik, dit laat ons as volk treur, dit noop ons om nog harder te werk aan die ideaal om weer as ’n vrye volk te leef waar ons deur ons eie mense regeer word, en waar ons kinders nog onbevange en sonder vrees kan skoolgaan en speel.

Mag daardie dag gouer aanbreek as wat ons verwag.

Redakteur