Geringe verbetering by Schumacher

Die bestuurder van die Schumacher-familie het bekend gemaak dat bemoedigende tekens waargeneem is by Michael Schumacher se toestand met die proses wat toegepas word om die voormalige Formule Een-kampioen uit ’n kunsmatige koma te kry.

’n Duitse koerant, die Bild berig dat  ’n merkbare verbetering in sy toestand waargeneem word en sy bestuurder, Sabine Kehm, het bevestig dat dit die geval is.

Intussen gaan sy vrou voort om ’n ultra-moderne mediese sentrum op hulle landgoed te laat oprig waar Michael al die nodige professionele versorging kan kry wat enigsins moontlik is.

Schumacher (45) het in Desember 2013 ernstige kopbeserings opgedoen in ’n ongeluk by die Franse ski-oord Meribel.

Hy is intussen deur geneeskundiges in ’n kunsmatig-geïnduseerde koma geplaas