FW antwoord navrae uit Europa

Die man wat Suid-Afrika aan die kommunistiese ANC/SAKP alliansie oorhandig het, nadat hy blanke kiesers doelbewus mislei en belieg het, moes nou sekere navrae uit Europa antwoord.

In sy skrywe aan die Duitse Nuusagentskap, DPA, oor die situasie in die land na twee dekades van ANC bewind, skryf hy dat enige iets in enige land onverwags skeef kan loop, en daarom sê sekere deskundiges dat ’n 25% moontlikheid bestaan dat die Nuwe Suid-Afrika kan misluk.

Hy skryf voorts dat hy vol vertroue is dat die land by die Grondwet se bepalings sal hou, wat die toekoms vooruitsigte goed laat lyk, en dat Suid-Afrikaners reeds bewys het hulle kan die uitdagings in die land hanteer.

De klerk sê daar is egter te veel leiers in die land wat nie die voorbeeld van Mandela volg nie, en hulle beskou die ampte wat hulle beklee ’n geleentheid om hulleself te verryk.

De Klerk huiwer ook nie om te spog met die land se prestasies nie. Hy sê die land vervul ’n voorbeeldige rol in Afrika, het glo verreweg die grootste en gevorderdste ekonomie, hou gereeld verkiesings, en het onafhanklike howe en speel ’n belangrike rol in die Afrika Unie.

Hy sê die groeikoers behoort te verbeter, en werkloosheid is te hoog, maar die land het waarskynlik die beste onderwysstelsel op die vasteland.

Hy het gehoop die regering sou korrupsie beter bestry.

Kenners het egter daarop gewys dat De klerk nie verwys het na dit wat werklik saakmaak nie. Veiligheid, moord en rooftogte, ’n uitermatige swak polisie korps, ’n bankrot weermag met die slaankrag gelykstaande aan die van 80 jaar gelede, die vernietiging van infrastruktuur en ’n duisternis ander faktore wat die land se agteruitgang tentoonstel, is nie op enige wyse aangeraak nie.

Die feit dat die grondgryp-program van die ANC nie vermeld word nie, toon sy ongevoeligheid teenoor die blankes wat verontreg word, is gesê.