Enkel eienaar vir 82 jaar!

Description: cid:part1.05000800.04070203@telkomsa.net

Probeer jouself indink, om dieselfde motor vir 82 jaar lank te besit.

Mnr. Allen Swift van Springfield Massachusetts het hierdie 1928 model Roll-Royce Piccadilly-P1 Sportmotor van sy pa ontvang as ‘n gradeplegtigheidsgeskenk in 1928.  Hy het dit bestuur tot die dag van sy dood in 2010 in die ryke ouderdom van 102 jaar.

Hy was die oudste lewende motoreienaar wat sy motor splinternuut aangeskaf het.  Na sy dood is die motor aan die Springfield Museum bemaak. 

Hierdie Rolls het 1,070,000 myl (1,721,998 km) afgelê en tik nog soos egte Switserse horlosie, doodstil teen enige spoed en dit spog nog met ‘n perfekte kosmetiese en padwaardige toestand na 82 jaar. 

Daardie afstand vergelyk met 13,048 myl per jaar (21,000 km) of 1,087 myl per maand (1,750 km).

Britse Ingenieursvernuf van ‘n vervloë era, wat hulle vandag net nie meer so doen nie!