Engelsprekende blondekop by EFF

Kim Heller (48) ’n voormalige, vurige ondersteuner van die ANC/SAKP alliansie het besluit om haar gewig agter Malema en sy EFF te gooi.

Op haar dag was sy ’n kommunikasie en ’n media-strateeg wat as student aan die universiteit van die Witwatersrand vir die ANC gewerk het.

Nou, nadat die polisie onder ANC bewind, die hoofrede is waarom 44 mense die lewe gelaat het tydens die Marikana-slagting, het sy die ANC verlaat en Malema ondersteun.

Sy ken Dali Mpofu, van studentedae, en toe sy sien Dali is by die EFF as presidentskandidaat, toe skuif sy oor na die omstrede party.

Nou verskyn haar naam van die EFF se kkandidatelys vir Sentraal Transvaal, en sy is beïndruk met die enkele Afrikaners en boere wat ook by die EFF aangesluit het.