Ekonomiese weerbaarheid van lande

Die sentrale banke is die bewaarders van ‘n land se verhandelbare vreemde valuta. Die reserwes is veral waardevol wanneer ‘n land hom in ‘n ekonomiese krisis bevind. Die vreemde valuta bestaan hoofsaaklik uit voorkeur valuta van sekere lande soos VSA dollar, euro, pond sterling en Japanse yen.

Deur na individuele lande se reserwes te kyk lewer interessante gegewens op. Daar is natuurlik ook verskeie bykomende faktore om in ag te neem soos ‘n land se aantal inwoners, lewenstandaard, invoer afhanklikheid, en so meer. Die volgende syfers is in biljoen VSA dollar (‘n biljoen in hierdie vergelyking is ‘n miljoen miljoen, dus 10¹²)

Die eerste twaalf lande in die wêreld is China 3 246.1, Japan 1 212.5, Saudi Arabië 719.9, Switserland 488.6, Rusland 469.6, Taiwan 416.9, Brazilië 376.9, Suid Korea 348.4, Hong Kong 312.2, Singapoer 271.5, Indië 266.9, Eurogebied 227.9. Die sterkste in Afrika is Algerië met 191.7 en Libië 115.7.

Suid-Afrika het vanjaar sy posisie versterk en staan tans op 52.5.

Ander lande van belang is Israel met 83.2, Brittanje 70.0, Kanada 59.3, Noorweë 56.2 en Swede 56.1. Swede is in wêreldterme in die 30-ste posisie. Die res van die wêreld se vreemde verhandelbare valuta tesame, met die uitsluiting van die eerste 30 lande is $1 594 biljoen VSA dollar, wat minder as die helfte van China se vreemde valuta is.