Ek sien dit so!

Kom ons gesels ‘n bietjie sport. Vir julle wat niks wil weet van sport nie, gaan hierdie moontlik ‘n vervelige rubriek wees. Byvoorbaat jammer!

Vroeg in 1992 lei Kepler Wessels die Suid-Afrikaanse krieketspan na die wêreldbeker-toernooi in Australië. Die hele land het gegons van opwinding, ons gaan nou lekker krieket kyk! Terwyl Wessels se span in Australië was, word die Ja/nee – referendum op 17 Maart gehou. Stem “ja” vir sport, was een van die ja–argumente. Die manne in Australië het ook gestem, maklik om te raai wat hulle sou sê. En so, buiten ander faktore, het die krieketkoors die ja–stemme laat instroom.

Suid-Afrika is in die halfeindstryd uitgeskakel. Die opwinding was weg en die ja–stem het gewen. Die “arme” ja–stemmers het nie eers die genot van ‘n wêreldbeker trofee gehad nie. Alles pure verniet, ‘n land weggegee uit emosie. Dis nou reeds 2014, en steeds kon geen SA-krieketspan die wêreldbeker verower nie.

In Augustus 1992, reis Nieu-Seeland en Australië se rugbyspanne na SA. Die sportvolk is weer bly, en die realiteite van wat om hulle aangaan vervaag. Naas Botha lei sy span op die veld teen die All Blacks op Ellispark. Danie Gerber druk twee drieë en Pieter Muller een. Maar helaas, die Springbokke verloor met 24-27. Die week daarna speel hulle op ‘n nat Nuweland in Kaapstad teen Australië, en sien hulle sterte 3-26.

In 1995 vind die rugby-wêreldbeker plaas in SA. Nelson Mandela, die skrywer van “How to be a good communist” en sy base gryp die geleentheid aan om die Afrikaners verder te mislei. Hy het immers self gesê dat jy jou viand moet ken, en hy het, selfs hulle gunsteling sport. Die Springbokke dring deur na die eindstryd teen ‘n baie sterk All Blackspan. Die boere wat op hulle plase vermink en vermoor word is op die agtergrond terwyl rugby-ondersteuners om braaivleisvure gesels oor die reuse vleuel, Jonah Lomu. Die Springbokvleuel, James Small gaan sy hande vol hê. Mandela daag by Ellispark op met sy Springboktrui aan, nogal met ‘n ses op sy rug, die kaptein, Francois Pienaar se nommer. Ag hoe wonderlik is dit om deel te hê aan hierdie emosionele geleentheid. ‘n Nasie, ‘n reënboognasie.

Die Springbokke wen 15-12 en die land is verenig. Die trofee stop egter nie een enkele plaasaanval nie, ook help die trofee nie dat minder blanke vrouens deur barbare verkrag word nie. Dinge begin versleg, en die volk fokus al meer op sport vir ontvlugting van die realiteite.

Hierdie is ‘n baie kort opsomming van hoekom daar gesê word dat die land weggegee is vir sport. Nie veel het verander nie, die sportstadions bly vol, en die moorde op ons mense neem toe.

Sport gaan nie jou gesin se voortbestaan verseker nie. Kyk dit en geniet dit as jy moet, maar raak terselfdertyd betrokke by ons stryd om oorlewing. Besoek www.vvk.co.za vir inligting oor hoe jy ook ‘n verskil kan maak.

Boeregroete,

Kordaat Neelsie