Ek sien dit so!

Soms wonder ek of ons nie almal deel is van een groot sirkusvertoning nie. Ons lewe immers in ‘n land waar mense deelneem aan sirkusverkiesings. Ook lewe ons in ‘n land waar blankes doelbewus geteiken word in barbaarse aanvalle, waar veral bejaardes vir ure aaneen gemartel word. Asof dit nie genoeg is nie, word ons daagliks geteister deur straatverkopers wat jou deur hulle sirkusvertonings daarvan probeer oortuig dat jy hulle produkte moet koop.

Dit is juis op hierdie deel van die sirkus waarop Neelsie wil fokus. Nie omdat die ander dinge onbelangrik is nie, maar eerder omdat hierdie probleem hopeloos te min aangespreek word.

Nie net is dit ‘n reuse irritasie nie, maar is dit ook ‘n bydraende faktor tot die algemene onveiligheid waarin ons mense daagliks verkeer.

As ek ‘n verdomde sonbril wil koop, sal ek een gaan koop by ‘n winkel wat sonbrille verkoop. As ek perskes wil koop, gaan ek na die aangewese winkel daarvoor. As ek ‘n koerant wil koop, wag! Ek mors nie my hardverdiende geld op “ons haat blankes” – koerante nie.

Hierdie sirkus by verkeersligte het nou in ‘n plaag ontaard. En die rede hiervoor is eenvoudig: mense wat gemors koop by straatverkopers. Dis so eenvoudig soos dit. As daar nie ‘n mark is vir hulle produkte nie, sal hulle nie daar staan en onskuldiges soos ek, teister nie.

Ek vergaap my soms aan die siele in voertuie voor- of agter my in die verkeer. Dis ‘n vriendelike vuisgroet wat gepaardgaan met ‘n gelag, amper of die twee goeie huisvriende is. Hierdie kruipende gedrag van blanke padverbruikers dra by tot die voor op die wa gedrag van straatverkopers. En ja, ek het gesê blankes! Hoekom? Want dis die reine waarheid. Kyk bietjie hoe daar by blankes gekerm word om iets te koop, terwyl  die nar bloot verby sy swart boeties en sussies stap sonder ‘n woord.

Die enigste betaling wat ‘n straatverkoper van my kan verwag, is ‘n taai klap. Daaroor sal ek ook moet herbesin, want klap ek hom, skryf twintig blankes my registrasienommer neer. Daar is mos nie plek vir regdenkendes in hierdie sirkus nie.

Gelukkig is daar ‘n alternatief geskep, ‘n agterdeur vir hierdie sirkustent. Besoek www.vvk.co.za en help om daardie deur groter oop te maak.

Boeregroete,

Kordaat Neelsie