Ebola-sterftes styg verder

Die sterftes is besig om die 100 kerf te bereik in Guinee waar die Ebola-epidemie besig is om uit te brei na ander dele van die land, en waarskynlik ook gekoppel kan word aan die stygende sterfgevalle in ander Wes-Afrika lande.

Gedurende die afgelope naweek is nog 11 gevalle aangemeld wat die sterftes in die land nou na aan 100 te staan bring.

Die mediese organisasie wat liefdadigheidswerk verrig in die geteisterde gebied, Dokters Sonder Grense, sê daar is reeds 60 personeellede in die land ontplooi wat probeer om mense te versorg wat die virus opgedoen het.

Voedsel en medikasie word na die land gestuur, en deur die personeel versprei in ’n poging om die erge epidemie teen te werk.