Ebola-siekte brei verder uit

Die Wereldgesondheidsorganisasie (WGO) het in ’n verklaring gesê die vinnige toename in sterftes in Wes-Afrika wat Ebola-verwant is, wek kommer dat die toestand die groter gebied van sentraal Afrika kan besmet en ’n massiewe ramp teweeg bring.

Die WGO sê die uitbreek van so ’n baie gevalle van Ebola-virus, is een van die mees uitdagende gevalle nóg en verdien sterker ondersteuning ter bekamping daarvan.

Die Departement van Gesondheid in Suid-Afrika sê dat daar tans geen gevaar van besmetting bestaan in die land nie, maar dat alle persone wat via enige ander land, vanaf Guinee die land binnekom, gemoniteer word.

Joe Maila, van die betrokke Departement, sê mense wat uit die buiteland by die Internasionale lughawe van Johannesburg aankom, moet deur die skandeerder stap wat temperatuurmetings van die liggaam doen om enige koorsigheid of siekte uit te wys.

Keiji Fukuda, die adjunk Direkteur-generaal van WGO, sê die moontlikheid bestaan dat die virus van die huidige kern omgewing in woude van Guinee, verder kan versprei, is ’n bron van kommer en kan nie geïgnoreer word nie.

Die Ebola-virusstam in Guinee het ’n sterftekoers van 90% en daar bestaan geen entstof of behandeling nie.

Benewens die 115 sterftes wat reeds voorgekom het, is daar nog sowat 70 gevalle aangemeld wat bevestigde gevalle is nadat toetse gedoen is.

Terwyl die WGO kop krap oor hoe om seker te maak die toestand brei nie uit na buurlande nie, is daar reeds 21 gevalle aangemeld in die staat Liberië, en ’n vêrdere 7  gevalle is in Senegal gerapporteer.

In die jongste verslag van die WGO is daar ook nou gevalle aangemeld in Sierra-Leone, en het twee mense die lewe gelaat.

’n Woordvoerder van die WGO sê hulle doel is om geaffekteerde lande te ondersteun deur besmetting te probeer voorkom, en dan die uitbreking daarvan te stop.

Kenners is steeds van mening dat die toestand nog veel erger gaan word aangesien die betrokke lande nie behoorlike beheermaatreëls ingestel het nie.