Duikboot sukkel met opsporing

Die Australiese robot-duikboot wat tans probeer om die vermiste Boeing van Maleisië op te spoor, moes sy soektog staak omdat die see veel dieper is as waartoe die duikboot in staat is om af te sak na die seebodem.

Die duikboot, bekend as die Bluefin-21 is afgestuur na die laagste moontlike punte in ’n poging om die Boeing op te spoor nadat talle seine ontvang is wat gedui het oat dit afkomstig kan wees van die verdwene tuig.

Die Bluefin-21 kon egter nie laer as 4,500 meter afsak nie, en moes derhalwe onverrigter sake terugkeer.

Die duikboot sal egter later weer ingespan word om behulpsaam te wees met die soektog, en kan dalk Woensdag weer deelneem.

Intussen is verskeie vliegtuie, sowel as skepe van verskillende lande besig om na die vliegtuig se oorblyfsels te soek.

Foto –  Bluefin-21