Dr. Ramphele onskuldig bevind

Die leier van Agang SA, dr. Mamphela Ramphele, is onskuldig bevind vir betrokkenheid dat sy finansieel sou voordeel trek uit ’n bees-teel projek terwyl sy die voorsitter was van Technology Innovation Agency (TIA.

Die teel-projek was blykbaar onregmatig deur TIA bedryf.

Dít inligting is tydens ’n nuuskonferensie bekend gemaak waar Derek Hanekom, Minister van Wetenskap en Tegnologie, die uitslae van ’n forensiese oudit oor destydse ongerymdhede in die TIA bekend gemaak het.

Die verslag wat deur Deloitte saamgestel is, het wel daartoe gelei dat die TIA se uitvoerende hoof, Simphiwe Duma, sowel as die finansiële hoof, Barbara Kortjass, summier afgedank is deur die TIA raad.

Foto – Mamphela Ramphele