Miskien is die sinsnede ’n herhaling van wat voorheen gesê is, alhoewel die waarheid daarvan steeds geldig bly: ’n Klein Westerse volk van drie miljoen siele,
Dit is een van die grootste bedreigings wat die Boere-Afrikaners in die gesig staar, want namate hy verarm word die moontlikheid om afgetrek te word na ’n Afrika-beskawingspeil, al meer ’n moontlikheid.
Een van die kenmerke wat waargeneem word, is die talle moorde wat ons beleef van blankes wat hulle eie mense, gesinsgenote of familie of goeie vriende, koelbloedig vermoor. Dit gaan dikwels gepaard met ’n soort barbaarsheid wat vreemd is in ons volk se bestaan, maar wat deesdae opvallend geword het.
En dit is tot ons eie nadeel.
Die vraag wat hieruit voortspruit, is eerstens wat gedoen
In die afgelope weke, en maande is daar berig van talle moorde wat nie moes plaasvind nie. Die eerste skok-moord was waarskynlik dié van ’n gesin wat uitgemoor is deur ’n minderjarige. Daarna het die een na die ander geval die voorblad van ons koerant gehaal, en die jongste geval van ’n vrou wat haar voormalige vriend na bewering geskiet het, is iets wat ons almal ontstel.
Die feit dat daar ’n vrysinnigheid ontstaan onder ons volksgenote, is nie tot ons volk se voordeel nie, dit benadeel ons almal.
Daar is ’n gees van losbandigheid, selfs moorddadigheid en ’n eie wil wat posgevat het onder baie volksgenote. Die optrede laat die vraag ontstaan of hierdie gewelddadigheid nog verder gaan toeneem, nie net in die aantal voorvalle nie, maar ook in die graad van gewelddadigheid.
Die vrye sê wat mense hulle nou toe-eien is sekerlik nie altyd in lyn met die vermaning in die Woord dat ’n wag voor die mond, en ’n sagte antwoord, die grimmigheid afkeer nie.
Natuurlik speel die sosiale netwerke ’n belangrike rol, want mense dink hulle kan mekaar aanvat, beledig en verkleineer asof dit ’n reg is, terwyl ons almal weet dit is nie die reg van ’n mens om ander te veroordeel nie!
Die Vryburger se redaksie doen ’n ernstige beroep op volksgenote om maar weer die ou waardes van ons volk af te stof en toe te pas. Laat ons mekaar eerder verdra en verduur, al verskil ons van mekaar, ons hoef daardie verskille nie op barbaarse wyse te toon nie, maar op die wyse van ’n hoogs beskaafde Westerling, wat sy Protestantisme suiwer uitleef.
Ons
Ons volk durf nie verval in hierdie vreemde kultuur nie – ons is beskaafde mense!
Die Bybel sê dat die lamp van die liggaam die oog is, en as die oog vol duisternis is hoe groot is die duisternis nie.
Dat ons volk besig is om verswelg te raak deur die wêreld se immoraliteit en losbandigheid is ‘n feit. Dat ons onder mense lewe en deur mense regeer word wat nie ons maniere en denkpatrone deel nie is ook ‘n feit. Maar die grootste invloed op ons volk is nie die mense om ons nie. Selfs die swart massas is besig om verswelg te raak. Die groot probleem is die televisie en die films waarmee ons onsself vermaak. Die invloed van hierdie mediums op ons onderbewussyn is geweldig! As ons ‘n terugkeer wil sien na ons volkswaardes sal ons onder die invloed van die goddelose media en hollywood films, waar ons God se Naam gedurig gelaster word, moet uitkom. Eers dan sal ons oog weer verlig wees en sal ons weer onderskeid kan tref tussen wat boos en wat goed is.
As ons NIE die keuse maak om van die filmteater af weg te bly, en om die televisie uit te gooi nie, is ek bevrees dat daar geen verbetering vir my volk voorlê nie. Onthou; dit wat jy deur jou oë inlaat, sal jou uiteindelik beheer.
Die Afrikanervolk se wesenskenmerke wat tot uiting kom in sy volkskarakter of volksidentiteit, kan, soos vir enige volk, omskryf word volgens algemeen aanvaarde wetenskaplike en geskiedkundige beginsels.
1. Godsdiens – ons is as ´n Christelik-Protestantse volk hier geplant en was as sulks bekend;
2. Algemeen aanvaarde norme en waardes – ons het die Christelik-gereformeerde lewens- en wêreldbeskouing gehandhaaf op elke lewensterrein;
3. Algemene aanvaarde ideale en strewes – ons het gestreef en gewerk om onder meer ´n onderskeidbare, vrye volk te wees in ´n eie land;
4. Gemeenskaplike kultuurgeskiedenis en vereenselwiging met die volksgeskiedenis, in al sy ryke verskeidenheid en opbouende nut vir almal, ook voormalige vyande;
5. Gemeenskaplike taal – ons was die draer van die Afrikaanse taal én voortspruitende kuns, kultuur en akademiese prestasies;
6. Afkoms – volgens afkoms en keuse Euro-etnies (´n skeppings-werklikheid) uit die Europese Volkskultuur, maar Afro-sentries gerig met ´n gemeenskaplike bodemgebondenheid aan Suidelike-Afrika.
Verw.: “Die vraag wat hieruit voortspruit, is eerstens wat gedoen kan word om so ’n tendens te keer, en weer die dieper waardes van ons volk te vestig in sy geledere.”
Goeiedag Boere,
Die Boerevolk is bevoorreg, in dié sin dat ons uit eie volksondervinding kan leer hoe om hierdie probleme aan te spreek. Ons voorouers moes hulself al telkemale dieselfde vraag afvra, want hulle was al by soortgelyke en selfs erger draaipunte in ons volksbestaan. Ons moet selfs dankbaar wees daarvoor want ‘n volk word ook gesuiwer en gelouter deur die smart en swaarkry op sy lewenspad.
Na die voorbeeld wat ons oumas in die konsentrasie-kampe gestel het, weet ons dat daardie kampkinders wat die volksmoord oorleef het, nie in sak en as gaan lê en kripeer het nie, hulle was die nuwe geslag wat weer die verskroeide en verwoeste land moes herstel en opbou.
Ja, sommige van hulle was weens omstandighede toe ook verplig om tydelik in plakkerskampe te woon, maar hulle het nie hul volkstrots en -waardes verloor nie, hulle was bereid om met harde werk hul gesinne uit daardie situasie uit te presteer. Hulle het geweet dat hul intellektuele vermoëns, hulle met die kennis en geleerdheid kon toerus, wat hulle sou onderskei van die swart arbeiders met wie hulle daagliks saam handearbeid moes verrig.
Maar, al was hulle kinders verplig om soos die swartes in pondokkies te bly, en soos die swart kinders daagliks beesmis in die veld te gaan optel om vanaand se kookvuur en warm waswater aan die gang te hou, het hulle nie met die swartes gaan meng en ‘n geïntegreede Afrika-leefwyse ontwikkel nie. Die norme en waardes wat deur die moedersmelk van die Boervrou tot in hul are gevloei het, het hulle onderskei van die res van Afrika.
Hulle het geweet om eerstens die Wil van ons Vader te raadpleeg en dan met geloofsvertroue te wandel op die weg wat Hy vir hulle aangewys het.
Boeregroete,
DuP
Toe ek in 1972 as jongman in Duitsland gewoon het, is ek eenkeer na ‘n geselligheid in ‘n private woning uitgenooi.
Die gasvrou het ‘n paar van haar ou skoolmaats genooi om ‘n glasie goeie Swartwoud-wyn te kom nuttig, terwyl hulle oor die “goeie ou dae gesels”. Twee van die gaste was juis op besoek aan hul geboorteland, nadat hulle reeds jare gelede na die VSA verhuis het.
Die man wat langs my gesit het, vra my toe of ek nie dink Suid-Afrika behoort nou – na dekades van rassediskriminasie – apartheid met integrasie te vervang, soos wat dit “nou” in die VSA gedoen word nie.
Ek sê toe vir hom dat hy moet onthou dat die RSA en die VSA in sekere opsigte die teenoorgestelde van mekaar is. In die VSA bestaan die NEGERS uit ‘n minderheid van 10% van die bevolking. Daarteenoor bestaan die BLANKES in die RSA uit ‘n minderheid van 10%. Toe vervolg ek deur te sê dat dit maklik vir daardie 10% negers is om OPWAARTS met die blankes te integreer, terwyl dit moeilik vir die 10% blankes in die RSA is om AFWAARTS te integreer. Hy het my in die oë gekyk en gesê:”As jou feite korrek is, stem ek saam met jou stelling.
Die liberaliste in Europa van vandag is baie vinnig om ons mense te kritiseer oor die armoede onder swartes in ons land, en oor die feit daar daar méér geleerde mense onder blankes in ons land is as onder swartes. Ek sê dan gewoonlik dat 4 of 5 miljoen blankes onmoontlik 50 miljoen swartes binne ‘n dekade of twee of drie vet kan voer. Ons kan nie van daardie 50 miljoen MILJOENêRS maak; vir elkeen ‘n DOKTORSGRAAD gee; en al die armes en honger mense KOS voorsien nie.
Ek staan eendag voor ‘n winkel in my woonbuurt waar deesdae baie klonkies bedel. Nie ver van my nie, klim ‘n ryk swarte uit sy 4×4. Ek sê toe vir die klonkie hy moet vir “daardie man gaan geld vra, hy het baie geld.” Die man was baie kwaad vir my en sê ek is rassisties. Ek sê toe vir hom, toe ons méér geld as hulle gehad het, moes ons altyd vir die swart bedelaars geld gee, maar noudat die swartes méér geld as ons het, moet ons nog steeds vir die swart kinders geld gee. Hy het net gegrom en geprotesteer en gesê “that is a lie, we are not richer than the whites”. Toe sê ek:”What about your 4×4? I cannot afford a 4×4.” Hy het my met veel haat in sy oë aangegluur en in die winkel verdwyn.