Diewe besteel Koöperasie

Sowat tien swartes het na bewering ’n kluis van die Landboukoöperasie in Noord-Transvaal  met plofstof geskiet, in ’n diefstal poging.

Kol. Ronel Otto van die polisie sê die tien verdagtes het in twee voertuie gery, en het by die koöperasie se kantore ingebreek.

Die brandkluis is oop geskiet waarna hulle gevlug het met ’n aantal geldkaste wat gesteel is.

’n Onbekende bedrag geld is gesteel.

Die swartes is daarna na ʼn huis waar hulle glo met ʼn snywiel die kaste oopgemaak het. ʼn Oplettende polisiebeampte wat daar naby woon, en van diens af was, het onraad bemerk en sy kollegas geskakel.

Die polisie het vinnig gereageer en sewe van die tien mans aangekeer.

Die mans sal binnekort in die hof verskyn, maar word intussen aangehou.