Die volk trek saam – 31 Mei

Volkskermis 31 Mei.

Doelwit: R1miljoen.

Die organiseerders van die volkskermis op 31 Mei by die Willie Maraissentrum in Pretoria, is aangenaam verras met die entoesiastiese en positiewe reaksie op die bekendmaking van die funksie. Die doelwit is om op die dag R1 miljoen in te samel, waarvan die grootste deel aan die VVK sal gaan om te help met die koste verbonde aan die verkiesing in September vanjaar. Ander verdienstelike volksorganisasies sal ook hierby kan baat.

Die voorbereiding vir die regsondersoek na die 1994-verraad waarin FW de Klerk en sy handlangers versoek sal word om hulle optrede aan die volk te verdedig, is reeds ver gevorder.

Die organisasies wat hulle steun tot dusver aan die dag gegee het, is:

Volksraad Verkiesings Kommissie (VVK)

Boere-Afrikaner Volksraad (BAV)

Verkennersbeweging

Republikeinse Vroue-Beweging (RVB)

Oranje Sake Instituut en Sakekamers (OSI)

Oranje Nywerheidsontwikkelings Koöperasie(Onok)

Kommandokorps

Radio Vryheid

Herstigte Nasionale Party (HNP)

Die Afrikaner koerant

Die Vryburger e-koerant

AWB

Kasfin

Projek 2010

Eendracht Radio Bellville,

Sege,

Aksie Vrouekrag

 

Daar is ook reeds ‘n aantal stalletjies bespreek en enigeen wat belangstel om sy produkte daardie dag te bemark, kan ons kontak.

Ons bedank by voorbaat ook die boere wat reeds vleis-skenkings gemaak het. Ons sal bly wees as ons ‘n aanduiding kan kry van hoeveel vleis die dag te koop gaan wees, sodat ons betyds vir vries- en yskaste kan reël. Baie dankie ook aan elkeen wat meehelp en meewerk, selfs deur net die boodskap te versprei, en bewys dat ons kan saamwerk en saamstaan ter bereiking van ons ideaal van volksvryheid.

Vir verdere navrae kontak: Bets Botha.

0793531997

[email protected]