Cowboys en Crooks in Roodepoort

Amerikaanse filmbase behoort die gebruik om akteurs te kry om hulle “cowboy-prente” te maak, liefs staak en net hulle kameras kom opstel in die strate van Suid-Afrika om die beste films ooit gemaak te kry, en dit dan nog lewensgetrou aan te bied.

Die is die opmerking van ’n bestuurslid van Projek2010 nadat ’n erge skietery plaasgevind het tussen polisie en rowers wat sterk herinner het aan Amerikaanse geweld-films.

Hierdie keer was die geveg tussen polisiebeamptes en die berugte Rolex-bende wat reeds geruime tyd amok maak in die Johannesburg-Roodepoort gebied.

Iemand wat die skietery kon meemaak, vertel dat die Rolex-bende in die afgelope drie maande skynbaar by meer as 25 rooftogte betrokke was, en was veral in Randburg, Sandton en Bramley bedrywig, maar ook in die Roodepoort omgewing.

’n Golf GTi het glo ’n Chev Lumina agtervolg en ’n wilde jaagtog in Rivoniaweg het gevolg.

Mense wat in die straat was, sê hulle het gesien hoe rowers by voertuie se vensters uithang en op die polisie skiet.

In die geharwar het ’n bakkie teen die Chev gebots sodat blikke vref die wêreld vol gelê het, en later het ’n polisiemotor in Rivoniaweg tot stilstand gekom terwyl ’n vrou met ’n Volkswagen agterin die Golf vasgery het.

Ooggetuies sê dit het blykbaar die vrou se lewe gered, anders was sy in die kruisvuur tussen polisie en bendelede.

Die bestuurder van die bakkie moes net mooi verduidelik om nie deur die polisie geskiet te word nie.

Die ER24 moes die twee gewondes op die toneel behandel en stabiliseer, waarna hulle na ’n hospitaal vervoer is. Een rower is blykbaar op die toneel dood.

Al die gesteelde items is by die rowers gevind.