Cosatu verloor sy saak teen Vavi

Die omstrede optrede van die vakverbond Cosatu het tot finaliteit gekom en moes hulle die uitspraak aanvaar van die hooggeregshof wat sy hoofsekretaris, Zwelinzima Vavi, se skorsing ter syde stel.

Die verhoor het plaasgevind met regter Phineas Mojapela op die bank, en het verlede Vrydag in die Hooggeregshof in Johannesburg afgespeel waarin Vavi se skorsing nie net ter syde gestel nie, maar dit is ook in geen onduidelike taal ongeldig verklaar.

Karl Cloete, die adjunk-sekretaris-generaal van Numsa, het namens Cosatu se nege vakbonde geëis dat Vavi  na sy kantoor terugkeer.

Patrick Craven, die Cosatu-woordvoerder, het na afloop van die hofverrigtinge erken dat hulle die hof se uitspraak aanvaar en dat hulle gefouteer het om Vavi te skors.

Vavi se vrou, Noluthando, was hoog in haar skik met die uitslag.

Foto – Zwelinzima Vavi