Chinese toergroep beroof

Rowers het ’n toerbus met ’n groep Chinese buite Pretoria van die pad gedwing en hulle beroof van al hulle besittings beroof, insluitende hulle paspoorte.

Drie gewapende swartes in ’n wit Audi, met registrasie nommer XYK 841 GP, het die bus op die N4 naby Pelindaba  gestop deur op die voertuig te vuur.

Die swartes was glo erg aggressief en het die verbouereerde toeriste gewaarsku om nie enige poging aan te wend om te vlug of die polisie te kontak nie.

Die rowers het die hasepad gekies nadat hulle met duursame items soos kameras, handsakke met paspoorte, selfone, horlosies, juwele en ringe, gestroop het.