Chinese porseleinbak behaal rekord prys

’n Chinese bak is in Hongkong tydens ’n veiling verkoop vir die aardige bedrag van 26 miljoen Euro (sowat R300miljoen) wat volgens kenners, die hoogste prys is wat behaal is vir enige Chinese kunswerk van dié aard. Die bakkie, wat dateer uit die 15de eeu, met ’n deursnit van sowat agt sentimeter, het kunstige verfwerk op van ’n hoenderhaan, en hen met kuikens, en staan bekend as die “hoenderbakkie”.

Volgens oorlewering versinnebeeld dit die Chinese keiser, met keiserin en onderdane.

Die eienaar wat dit verkoop het, is ’n bejaarde Filippyn-gebore sakeman Stephen Zuellig wat dit deur die Sotheby afslaers aan ’n persoon verkoop het wie se naam nie bekend gemaak mag word nie.