Brittanje mag nie ‘n Christenland wees nie

Die Britse Eerste Minister, David Cameron, word gekritiseer omdat hy verklaar het dat Britte meer vertroue oor hulle status, as bevolking van ‘n land wat ‘n Christelike staat is, moet hê. Hy het verduidelik dat sy standpunt nie ‘n aanval op nie-Christene is nie, maar dat Christenskap ‘n verskil in mense se lewens maak en dat hy dit in sy eie lewe in moeilike tye ondervind en dat hy ook persoonlik vrede ervaar in sy Christenskap. Cameron het ook in 2006 oor BBC gesê dat hy as Christen in GOD glo en kerk toe gaan, alhoewel miskien nie dikwels genoeg nie. Hy het ook in 2011 positief na vore gekom tydens die 400 jarige herdenking van die King James Bybel oor Christenskap en dat Brittanje ‘n Christenstaat is.

Soos gewoonlik is die aanval op die Christenskap hoofsaaklik vanuit eie volksgeledere en wel uit die dampkring van beroepe soos kunstenaars, akademici en joernaliste; in hierdie geval met name soos sir Terry Pratchett en Phillip Pullman (skrywers), Tim Minchen (akteur), Polly Toynbee (joernalis),

AC Grayling en Jonathan Glover  (filosowe) en Dan Snow en Alice Roberts (aanbieders). ‘n Nie-egte Brit, professor Jim Al-Khaliili, president van die Britsh Humanist Association, was een van die voorste 55 beswaarmakers wat die protesbrief teen Cameron onderteken het.