Britse posdiens soos in SA

Dit is nie net in Suid-Afrika waar pospersoneel sakke vol posstukke in die Vaalrivier gaan gooi het omdat hulle te lui is om dit te sorteer nie, dit gebeur deesdae ook in die Britte se hoofstad Londen.

Derduisende posstukke word blykbaar buite die stede gestort, dikwels nie betyds afgelewer nie, en gereeld verkeerd afgelewer.

’n Britse posdiens, wat bekend staan as TNT-posdiens word nou geblameer vir die uiters swak diens wat gelewer word.

Dit kon nog nie bepaal word wat die meeste voorkom nie, maar in die afgelope twee jaar is die aflewering van posstukke by die verkeerde adres, ’n alledaagse, terwyl laat aflewerings gedurig ondervind word.

Groot possakke vol briewe is in die buitewyke van Manchester gevind waar dit in die bosse gestort is.

Dit is opvallend dat die TNT-posdiens in Londen en Manchester funksioneer, en dit is juis in die gebiede waar die swak diens ondervind word.