Brandende vliegtuig maak noodlanding

’n Cobham Aviation-vliegtuig wat van Perth in Australië onderweg was na Barrow-eiland, moes met sy 94 passasiers aan boord, terugdraai en weer land op die lughawe van Perth toe die masjien aan die brand geslaan het.

Die brand het ontstaan kort nadat die vliegtuig opgestyg het van die lughawe by Perth, en het die passasiers paniekerig gehad toe hulle die rookwolke gewaar het wat uit die masjienkamer borrel.

Die vlieënier was egter heeltyd volkome onder beheer van die tuig, en het onmiddellik die brandstof se toevoerlyn wat gelek het, afgesny en die brand geblus.

Te midde daarvan het hy die vliegtuig omgedraai en veilig geland met die passasiers.