Boewe doodgeskiet

Drie boewe het ’n man in die vroeë oggenduur probeer beroof van sy selfoon en geld, maar toe nie net hulle rieme vasgeloop nie, want twee van hulle is dood.

’n Polisiewoordvoerder sê die drie gewapende swartes het hul slagoffer kort na 06:00 op die hoek van Breë- en Von Brandisstrate in die middestad van Johannesburg probeer oorval.

Die man het egter sy gelisensieerde vuurwapen by hom gedra, en op die skurke losgebrand. Een is dood, die ander een verkeer in ’n kritieke toestand, en die derde een is deur omstanders gevang en doodgemaak.

’n Saak van gewapende roof word ondersoek en ’n geregtelike ondersoek sal gedoen word.

Die polisie woordvoerder sê die slagoffer wat die twee skurke geskiet het, gaan nie vervolg word nie.