Boerboel reun raap die pryse op

Dit is ’n boerboel, maar al het hy ’n Engelse naam, hy het die prys ingepalm vir sy nuwe baas wat hom gekoop het vir R100,000.

Cabaret Son of a Gun, word gereken as die duurste boerboel hond ter wêreld, maar het nie verniet die groot pryse vir sy baas ingepalm tydens die Sentraal-Transvaalse skou van die SA Boerboel Telersvereniging (SABT) nie.

Sy nuwe eienaar is die jongman, Pierro Erwee (25) van Leandra in Oos-Transvaal.

Erwee het net meer as ’n jaar gelede begin met ’n telery, en is trots op die 26 boerboel honde wat sy teelprogram moet uitvoer.

Sy Son of a Gun” het die eerste plek verower in die ouderdomsgroep van 2 tot 5 jaar, en is ook aangewys as die kampioen reun.

Hy het ook met die prys weggestap as “Hond van die jaar” tydens die skou.

Sy eienaar sê Cabaret Son of a Gun sal hoofsaaklik aangewend word vir teling van opregte boerboel honde, en sal gereeld aan skoue deelneem.