Boer skrik vir metropolisie se houding

Hy was bevrees dat die metro-polisie sy geld gaan vat en hom gaan skiet, se ’n slagoffer wat deur hulle afgetrek was van die pad en valslik beskuldig is.

Mnr. Muldoon, ’n boer en sakeman van Ventersdorp, is verlede week na Montecasino in Johannesburg waar hy sowat R70,000 gewen het.

Met die R100,000 in sy sakke, het hy die tog aangepak terug huis toe, maar is deur die metro-polisie op ’n vreemde manier van die pad afgetrek.

“Daar was metro-polisielede in die motor en hulle het hom beveel om uit te klim, en hom teen die motor vasgedruk, en wou weet of hy ’n vuurwapen by hom het.

Hy het bevestig dat hy een het, en dat dit in sy voertuig is, waarop hulle gesê het dit is onwettig, hy moet dit aan hom dra.

Toe dreig hulle hom dat hy toegesluit kan word omdat hy 160km per uur gery het, terwyl hy weet hy slegs 80 km/h gery het.

Daarna het een yy beursie en broeksakke na gegaan en al die geld uit sy sakke gehaal, en toe is R20,000 skielik weg.

Toe ek hulle konfronteer daaroor, sê een dat die geld in die motor se deur geplaas is en gee dit weer terug aan hom, terwyl hy weet dat hy nooit die geld daar gesit het nie.

Een beampte het toe in gekruide taal vir hom gesê hy het alles terug gekry en moet sy ry kry!

Hy kon met ’n groot gesukkel die voorval aangemeld kry by ’n polisiestasie, want die beamptes het veiligheidsbaatjies aangehad wat hulle naamplaatjies bedek het, en die voertuig se registrasie nommer was ook nie sigbaar nie.