Boe Jacob, boe-boe!

President Zuma moes sy ergernis in sy sak steek toe hy noord van Pietersburg deur derduisende swartes geboe is oor swak dienslewering en omdat hy drie uur laat opgedaag het vir sy vergadering.

Die teenwoordiges het ook te kenne gegee dat hulle ’n eie afsonderlike munisipaliteit wil hê, wat los is van enige ander munisipaliteit.

"As die Zuma-kêrel ons nie vandag die versekering gee van ’n eie munisipaliteit nie, brand ons alles af en dan kan hulle sien wat word van alles,” het een swarte woedend gesê.

Talle teenwoordiges het Zuma met “arm-rol tekens” probeer wysmaak dat hulle ’n ander regering soek. Hy is kort-kort met “boe-boe” in die rede geval terwyl hy praat.

Sodra ANC ondersteuners probeer het om ’n ANC-klimaat te vestig met uitroepe soos “Viva ANC”, is hulle dood geskree deur ontevredenes wat Zuma hard en duidelik uitgejou het.

Met belastingbetalers se geld, het ’n polisie helikopter gedurig oor die gebied gesirkel terwyl gewapende polisiebeamptes wyd ontplooi is om die oproerige skare te beheer.