Bloemfonteiner woedend oor waardasie

Mnr. Eddie Stafford van Bloemfontein is woedend van die metroraad wat hom verkeerdelik van ’n waardasie voorsien het van net meer as R66 miljoen vir sy kleinhoewe buite die stad.

In 2008 het die munisipaliteit die plek waardeer vir R178,000 maar vir een of ander vreemde rede het ’n Sentraal Transvaalse waardeerder daarna ’n waardasie gedoen en dit op R66 miljoen gestel, wat hom nou ’n maandelikse grondbelasting van byna R28,000 kos wat intussen opgeloop het tot meer as R280,000.

Ten spyte van vertoë wat gerig is, word die fout nie reggestel nie.

Hy sê dat te midde van die fout aan munisipale kant, word die water toevoer na sy eenheid nou ook afgesny.

Hy sê die water is nou afgesny, en die munisipaliteit wend die bedrag wat hy maandeliks vir die water betaal, teen die foutiewe grondbelasting rekening af.

Hy het later ’n onafhanklike waardeerder gekry, en dié het sy eiendom teen R900,000 waardeer.

Britz sê hy weet nie wat om te doen nie, maar die metro-woordvoerder sê hulle ondersoek die saak.