Blinde stel rekords op

Manie Croukamp, ’n blinde inwoner van Pretoria, het nie teruggedeins vir die uitdaging om gewigstoot, en skyfwerp rekords te verbeter tydens die SA Kampioenskappe vir gestremdes in Stellenbosch nie.

Manie (27) het slegs sowat 10% sig, en ly aan Stargardt-sindroom wat lig-sensitiewe selle van die retina vernietig.

Verlede week het hy gesorg dat minstens twee rekords verbeter word. Hy het die skyfwerp rekord opgestel met ’n allemintige 36,7 meter teenoor die vorige een van 33,46 meter.

In die afdeling vir gewigstoot het hy die rekord verbeter na 11,50 m (voorheen11,33 m).

Sy drie goue medaljes is toegeken gewigstoot, skyfwerp en spiesgooi.

Hy is in die alledaagse lewe, ’n persoonlike afrigter by die Virgin Active-gimna­sium in Montana, Pretoria.