Blinde met ysterpyp aangerand

Mnr. Witthöft (78) ’n blinde persoon, en sy eggenote (74), is op 13 Maart deur twee lafhartige swartes aangeval en beroof. Die blinde man is aanhoudend met ’n ysterpyp oor die kop geslaan en moes na die aanval inderhaas na Unie Hospitaal in Alberton geneem word waar hy opgeneem is in die hoësorgeenheid. 

Mev. Witthöft is aanhoudend geskop, geslaan en selfs gewurg, tot sy die kodes van bankkaarte, die motorsleutels en afstandbeheer toestel gegee het waarmee die boewe gevlug het.

Sy is saam met haar man in die hospitaal opgeneem.

Na meer as drie weke in die hospitaal, is mnr. Witthöft nog steeds bewusteloos, en inwoners aan die Oos-Rand vra nou ernstige vrae.

Van die inwoners meen georganiseerde spanne moet nou opgestel word wat hierdie boewe kan gaan uithaal, en om onwettige uitlanders summier uit die land te sit.

Hulle is ook van oordeel dat die geregsdienaars van nuuts af geëvalueer moet word aangesien dit duidelik is dat daar ’n persentasie teenwoordig is wat hoegenaamd nie opgewasse is om hulle verantwoordelikheid teenoor die landsburgers na te kom nie.

Hulle sê statistieke toon hoe min misdadigers wel aangekeer word en Suid-Afrika word by die dag ’n meer onveilige plek om in te woon.