Blankes het geloofsvoordele

Daar gaan deesdae vreemde stemme op in Suid-Afrika, en meer nog as dit oor die geloofslewe gaan.

Die jongste berig wat onder Die Vryburger se aandag gebring is, dui daarop dat blankes weer in die kollig is weens apartheid wat hulle bevoordeel het.

Een van die ANC se parlementslede het na bewering gesê dat geestelike byeenkomste van Angus Buchan’s konferensies, so gehou moet word dat dit deur verteenwoordigende getalle van verskillende groepe, naamlik swart, wit, bruin en geel sal weerspieël.

Blykbaar het Beauty Kumalo, voorsitter van Africans for Jesus, aanbeveel dat die ANC regering aandag moet gee aan die saak.

Sy sê dit is nou alreeds hopeloos te lank dat swartmense uitgesluit is van die voorreg wat net wittes geniet om die Heer, Jesus van Nasaret, te dien.

Sy reken apartheid het blankes die voordeel van beter kerke, Bybels en teoloë gegee wat hulle dus ’n voorsprong gee om in die hemel te kom.

Sy meen gelyke regte moet geldig wees vir alle Christene, want hulle is nou moeg daarvoor dat rassistiese wit mans probeer om swartes uit die hemel te hou.

Foto – Beauty Kumalo