Betogings word al meer

Sedert die begin van 2014, is meer as 50 groot betogings gehou in Suid-Afrika wat die land ekonomies knel, en ’n klimaat skep waar gewelddadigheid aangevuur word.

Dit is die siening van die Oranje Sake Instituut na aanleiding van die bekendmaking dat betogings teen dienslewering eskaleer op plaaslike vlak.

Municipal IQ wat sulke betogings monitor, sê dat dit beteken dat ’n gemiddelde van een betoging elke tweede dag plaasvind.

In sy verslag, Municipal Hotspots Monito word uitgewys dat Sentraal Transvaal en Oos-Kaap die twee provinsies is waar die meeste betogings ondervind is.

Oos-Kaap het twee meer as Sentraal-Transvaal gehad vir die tydperk.

Waarnemers sê dat die tendens daarop dui dat 2014 waarskynlik die meeste betogings in een jaar sal hè, en daarmee nuwe rekords opstel.

Die stakers en betogers probeer ook munt slaan uit die omstandighede deur politici af te speel teen mekaar vir die komende algemene verkiesing, word gesê.

Politieke analiste sê die opvallende van die betogings is dat die politici waarskynlik groter munt daaruit slaan met allerhande leë beloftes wat mense oorreed om vir hulle te stem.

In totaal is daar reeds meer betogings gewees in die eerste drie maande van 2014 as in enige ander jaar ooreenstemmend, en daarvan was etlike voorvalle met gewelddadigheid ingeklee.