Beswaar teen Zuma ingedien

Die Hoofbestuurder van TLU SA, mnr. Bennie van Zyl, het op die nippertjie voor spertyd, die organisasie se beswaar teen die benoeming van pres. Jacob Zuma as kandidaat vir die verkiesing, ingedien.

TLU SA, wat ’n geweldige belangrike rol vervul in die landbousektor, het hulle beswaar skriftelik ingedien by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK).

Jacob Zuma is die nommer een genomineerde wat op die ANC se nasionale kandidatelys verskyn, wat beteken hy sal ’n tweede termyn dien as president ingeval die ANC die verkiesing wen, soos wat algemeen verwag word.

Blykbaar het die Instituut vir Verantwoordbaarheid in Suider-Afrika self ook ’n beswaar ingedien teen pres. Zuma se nominasie.