Bekende in Noord-Kaap vermoor

Die blankes van Williston in die Noord-Kaap is erg ontstel na die moord op ’n bekende inwoner, mnr. Dennis Viviers (66).

Mnr. Viviers, ’n vrygesel en afgetrede boer van die distrik, is verlede Saterdag in sy huis dood aangetref deur die polisie, met ’n lelike snywond aan sy keel.

Lt. Andrea Cloete, ’n polisiewoordvoerder van die gebied sê ’n verdagte het tussen Vrydagaand en Saterdagoggend by Dennis Viviers (66) se huis in die dorp ingebreek, hom aangeval en vermoor.

Die huis was erg deurmekaar, die kluis en ander items was weg, en die verdagte terroris het met sy bakkie gevlug.

Later is die bakkie en die kluis buite die dorp gevind, en is van die gesteelde goed in die veld opgespoor.

Een van die vriende van Viviers sê dit is verskriklik om te dink dat so ’n wrede aanval oor die Paastyd gepleeg is.

“Dit is waarskynlik deur ’n heiden gedoen,” het hy gesê.