Becker oorgeplaas na ander tronk

Christoff Becker, een van die sogenaamde Waterkloof-vier, is die afgelope naweek oorgeplaas na die C-Max gevangenis in Kokstad, Natal wat beskou word as die tronk met maksimum veiligheid vir hoërisiko misdadigers en sogenaamde probleem gevalle.

Die tronk is bekend vir sy groot en hoë heinings om ontsnapping te voorkom.

Becker is oorgeplaas nadat hy voor ’n tugkomitee van Korrektiewe Dienste moes verskyn na hy met ’n selfoon in sy besit betrap is in die gevangenis in Pretoria.

Die selfoon is by hom gevind na ’n “klopjag” uitgevoer is in die sel waar hy aangehou is.

Becker se regte, soos van toepassing op groep A-gevangene, wat telefoon oproepe en besoeke van buite insluit, is daarna ingekort en is hy oorgeplaas na die Kokstad tronk aangesien dit ook die tweede oortreding is waaraan hy skuldig bevind is.

Hy sal vir minstens nog ’n jaar tronkstraf uitdien.

Foto – Christoff Becker