ANC werk hard om OB te sink

Die jongste inligting dui daarop dat daar elemente in die ANC is wat nou agter die skerms werk om ontslae te raak van die Openbare Beskermer, adv. Adv. Thuli Madonsela.

Tydens ’n ANC verkiesings saamtrek in Mamelodi, het genl. Bheki Cele, wat ook ’n lid is van die ANC se Nasionale Uitvoerende komitee, gesê Madonsela het nie uit die hemel geval nie, en kan maklik vervang word.

Genl. Cele het blykbaar self ook ’n byltjie te slyp met Madonsela aangesien se nie gehuiwer het om hom in haar verslag te betrek nie.

Cele het gesê Madonsela gaan aan asof sy Jesus van Jerusalem is.

Die Adjunkminister van Monitering en Evaluasie, Obed Bapela, sê Madonsela moet eerder soos ’n regter optree wat uitspraak oor ’n saak lewer, en nooit weer praat daaroor in die openbaar nie.

Cele reken dat Madonsela eerder moet bedank, en dan kan sy die presidensiële kandidaat vir Zille se party word.

Kenners sê dit is duidelik dat die Zuma-ondersteuners nou hulle mes in het vir die OB, en nie sal rus voor sy uit haar pos onthef is nie.

Foto – genl. Bheki Cele