ANC verloor hofsaak

Die Zille-party het met hulle SMS waarin mense verwittig is dat die ANC se pres. Zuma as ’n dief bestempel word in die hof beland toe die ANC besluit het om die saak in die howe uit te klaar.

Waarnemende regter Mike Hellens het in die Johannesburgse Hooggeregshof, die Zille-party gelyk gegee dat ’n redelike standpunt van ’n redelike mens tot so ’n gevolgtrekking kan kom.

Regter Hellens het breed uitgewei  oor die Nkandla saak en selfs uit die Openbare Beskermer (OB) se verslag aangehaal wat aandui dat die president gebreke getoon het met die hantering van die uitgawes wat R246miljoen beloop.

Gevolglik het die regter in sy uitspraak, die ANC se betoog verwerp en selfs ’n kostebevel uitgereik teen die ANC.

’n Erg verleë ANC se enigste kommentaar was dat die party die uitspraak bestudeer.