Alaska soek sesessie

‘n Petisie aan die Withuis waarin die inwoners van Alaska pleit om weer van die VSA af te skei en deel van Rusland te word, het binne drie dae 17,000 handtekeninge gekry.

Moskou se optrede in die Krim is wêreldwyd veroordeel, maar sommiges in Alaska verlang skynbaar terug na die dae toe hulle nog deel was van Rusland.

Na ‘n week was daar reeds meer as 30,000 handtekeninge op die lys gewees. "Stem vir sesessie van Alaska van die VSA en luit weer aan by Rusland," is die beroep wat gedoen word.

In die petisie word dit beskryf hoe Alaska oorspronklik deur Russe bevolk is. Die Staatsekretaris, William Seward, het Alaska in 1867 vir $7.2 miljoen van Rusland gekoop in ‘n besluit wat destyds spottenderwys as "Sewards Folly" verwys is.

Op 3 Januarie 1959 het die gebied die 49ste staat van Amerika geword.