Al die krieke kriek…..

Die bekende Afrikaanse liedjie wat selfs die krieke besing, is waarskynlik deesdae minder gewild in die Kaapse skiereiland waar dit vanjaar ’n plaag geword het.

Dit blyk dat krieke honderde mense so “verskree” dat hulle die mure wil uitklim, maar die Kaapstadse stadsraad sê hulle is skadeloos en sal eersdaags stil word.

Wetenskaplikes aan die Universiteit van Kaapstad, en by Stellenbosch sê die geweldige toename in die kriek bevolking kan toegeskryf word aan baie reën, warm somer klimaat en gunstige omstandighede wat meebring dat meer eiers gelê word en so die bevolking vermeerder.

Die kriek bevolking sal, volgens die wetenskaplikes minder word sodra die wintermaande aanbreek, en verseker inwoners dat hulle skadeloos is.

’n Kenner in Transvaal het daarop gewys dat mense maar moet sorg dat die krieke uit hulle huise bly, want hulle sal klere en matte verniel, wat dan beslis nie as skadeloos beskou kan word nie.