Advertensie word summier gestop

Die Gesagsliggaam vir Reklamestandaarde (GRS) het beslis dat M-Net ’n advertensie moet staak wat  ’n produk adverteer om gewig te verloor en wat ook aanspraak maak dat insulien-weerstandigheid verbeter met die gebruik daarvan.

Die firma, Medical Nutritional Institute (MNI) adverteer ’n produk, AntaGolin, wat egter deur dr. H. A. Steinman bevraagteken is, en wat toe ’n klag ingedien het oor die advertensie.

Antagolin is glo ’n natuurlike middel.

Dr. Steinman sê dié aansprake wat in die advertensie gemaak word, is misleidend vir die gewone TV-kyker, en boonop ongegrond, en hy het die bestanddele geëvalueer en bevind die bestanddele voldoen nie aan die vereistes soos wat geadverteer word nie.

Sy bevindinge is ook gesteun deur navorsing wat verskyn op die databasis van Pubmed oor natuurlike medikasie.

Die respondent het later te kenne gegee dat hulle nuwe betoë sal indien sodra die uitslae van ander toetse ontvang is.